
Handelaars McLuckie en Schoon
Hierdie beskrywing kom uit Pretoriana (no 77 78 Sept Dec 1979) en is deur D G van der Byl geskryf:
In 1828 Mzilikazi was again residing at enKungwini. His cattle herds were still
being increased by raiding the Sotho tribes on the Highveld and the Matabele
were now able to reap their crops, thresh their com and harvest pumpkins,
melons and beans in the warm winter sun.
The next winter, 1829, now one hundred and fifty years past, found Robert
Schoon again in the Cashan country, this time with his friend and fellow Scot,
William McLuckie. They were invited to visit Mzilikazi at enKungwini which
they approached from the west and were impressed by the variety of game
and the manifold evidence of the slaughter of the Crocodile People, some
areas being deserted. The wretched surviving Bakwena were now terrorised
by wild animals and in one area were compelled to live in trees or in houses on stilts in order to escape the lions and other wild beasts. Schoon shot a five metre crocodile and found the remains of a man and a dog in its stomach. The Matabele, on the other hand, were enjoying the prosperity of good crops
including cane and their cattle grazed in luxuriant pastures where streams
and fountains abounded.


Meer oor McLuckie en Schoon
Tydens sy verblyf in eKungweni het Mzilikazi vir die eerste keer blanke besoekers ontvang. Hy was blykbaar reeds vir ’n paar jaar bewus van die bestaan van witmense en hul gevaarlike wapens en toe twee Skotse jagters, William McLuckie en Robert Schoon, in 1829 in die Kashanstreek wou jag, het hy beveel dat hulle hom eers by eKungweni moes besoek voordat hy sy toestemming sou gee.
Schoon het die koning later beskryf as korterig, maar atleties gebou, met ’n aangename persoonlikheid en ’n soort naïewe intelligensie. Soms was hy blykbaar stil en diep ingedagte, soms lighartig. Hy was berug vir die wreedheid waarmee hy regeer het, maar met sy gaste was hy sjarmant en ’n goeie gasheer, met ’n guitige humorsin.
Met die Schoongeselskap se aankoms het hy opgewonde gelyk om vir die eerste keer met blankes kennis te maak en hy het hulle persoonlik kom verwelkom. ’n Feesmaal is voorberei en die gebruiklike oorlogsdanse is gedoen om die besoekers te vermaak. Hy was egter veral in hul vuurwapens geïnteresseerd. Sy krygers het wapens tydens strooptogte buitgemaak, maar nie een van hulle het geweet hoe om dit te gebruik nie. Volgens oorlewering het hy daardie dag vir Schoon gevra om vir hom
te demonstreer hoe ’n geweer werk. Schoon het toe teensinnig ingestem en ’n wapen uit ’n hoop oorlogsbuit gekies, en vir hom gewys hoe om dit met kruit en lood te laai.
Die eerste skoot, gemik na ’n klip, het nie veel skade aangerig nie. Mzilikazi het nie beïndruk gelyk nie: Hy sou meer skade aan die klip kon doen deur daarop te spoeg, het hy gereken. Schoon was so ’n bietjie geïrriteerd met die reaksie en het voorgestel dat ’n slagbees dan nadergebring moes word. Een netjiese skoot, agter die oor, het die bees dood laat neerslaan. Mzilikazi was sprakeloos van skok en het hom na sy hut onttrek waar hy vir die res van die dag gebly het. Van toe af was hy blykbaar effens kortaf met die besoekers en het hulle vir die res van hul besoek meestal vermy.
McLuckie en Schoon het met sy toestemming van Julie tot Oktober 1829 olifante in die Kashanstreek gejag, en was beïndruk met die groot verskeidenheid wildsoorte wat hulle daar aangetref het. Met hul waens oorlaai met ivoor, volstruisvere en velle, het hulle aan die begin van die reënseisoen weer daarvandaan vertrek.
In hul geselskap was twee van Mzilikazi se belangrikste vertrouelinge. Die koning het beleef versoek dat hulle vergesel moet word na Kuruman, Robert Moffat se sendingstasie. Mzilikazi het ook gevra dat hulle ander blankes moes aanmoedig om hom te besoek.
Uit: Deur Dik en Dun- lekker kos en stories uit ou Pretoria, deur Riana Mulder (2018)