top of page

Ons medewerkers

Redakteur

Riana Mulder

Riana is 'n ou bekende wat in Pretoria gebore en getoë is, en al betrokke was by die skryf van twee boeke oor die stad se geskiedenis. Sy het ook al dikwels op Pretoria FM vertel van al die interessante plekke wat mens kan besoek, en is gedurig besig om meer navorsing oor die stad en sy mense te doen.

​

Sy was voorheen die kurator van die Geloftekerkkompleks in Pietermaritzburg en het ook by die Erfenisstigting gewerk vir 8 jaar. Sy dien tans nog op die raad van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein.

9f983a5e-e2e8-4571-8803-37b00d3e3dcd.jpg

Artikels

Freda Green

Freda is 'n spesialis-navorser by die Tshwane Heritage Research Centre, en 'n kenner van die stad se geskiedenis. Sy is ook baie geinteresseerd in Tuinbou.

VANVOLLENHOVENAC166.jpg

Artikels

Prof Anton van Vollenhoven

Prof Anton het sommer twee doktorsgrade, een in Argeologie en een in Geskiedenis, en is nie net 'n ervare argeoloog nie, maar ook 'n Buitengewone Professor in Geskiedenis by die Noordwes Universiteit en die skrywer van 12 boeke en meer as 1000 argeologiese en kultuurhistoriese ondersoekverslae. 

IMG_7289.jpg

Artikels

Talita Fourie

Talita werk al sedert 1989 in museums, en is tans die kurator van die Poskantoormuseum. Sy het 'n BA in Geskiedenis en 'n nagraadse diploma in Museum en Erfenisbestuur (UP), en was al drie keer die Voorsitter van die SA Museumvereniging se noordelike tak.

Liezel Smit.jpg

Artikels

Liezel Smit

Liezel het by Tuks studeer en is sedertdien ‘n liefhebber van ons pragtige Jakarandastad. Sy bly al 37 jaar in Pretoria, het ‘n groot belangstelling in sy ryk geskiedenis en werk by die Tshwane Heritage Research Centre.

M Lindeque_edited.jpg

Artikels

Melissa Lindeque

Melissa is die  Kultuurbeampte by Melrosehuis museum, en het ‘n BA Honns in Kultuur-geskiedenis, Nagraadse diploma in Museumstudies, Honns in Omgewingsbestuur en ‘n MA in Erfenis. Sy is ook tans die Ondervoorsitter van die SA Museumvereniging se noordelike tak.

 

 

melissal@tshwane.gov.za

​

​

IMG-20220104-WA0018.jpg

Redigering en artikels

Cecilia Kruger

Ons is bevoorreg dat iemand soos Cecilia bereid is om te help kyk na ons taal! Sy was tot onlangs die besturende direkteur van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, en word algemeen as een van die groot geeste van Erfenisbewaring in Suid-Afrika beskou.

​

Cecilia het haar M-graad in Museum- en Erfenisbestuur cum laude geslaag en is sedert 1985 betrokke by museums en Erfenisbestuur. Sy het al op verskeie rade gedien en is o.a. 'n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en redaksielid van die SAVK Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis.

marius_edited_edited.jpg

Artikels

Marius Ackermann

Marius Ackermann is 'n regsgeleerde, liefhebber van natuur en kultuur asook skrywer van Pretoria. Hoërskooldae in Standerton en Rustenburg. Hy dien ook op die raad van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting en is betrokke by die Smutshuis.

GdK.jpg

Artikels

Gerard de Kamper

Gerard is die Kurator Versamelings by die Universiteit van Pretoria Museums vir meer as 20 jaar. Hy het ‘n MA Graad in Geskiedenis ‘n diploma in Museumkunde asook ‘n honeurs in Argeologie. Hy het ‘n verskeidenheid boeke en artikels agter sy naam waarin hy skryf oor kunstenaars soos Henk Pierneef, Fanie Eloff en Edoardo Villa, asook kunsvervalsings. As ‘n inwoner van Pretoria vir meer as 40 jaar versamel hy inligting oor mense, plekke en dinge in Pretoria en omstreke.

22 Sep 2019 AKV 72ste i.jpg

Artikels

Ds Carel Johan de Bruin

Ds Johann is gek oor geskiedenis en genealogie en Pretoria! Gebore op 23 Mei 1971. Word groot op Witbank. Studeer Teologie aan UP: BA, BA Grieks Honneurs, BD 1995.

Predikant in 4 gemeentes en sedert 2017 deeltyds by die SP Engelbrecht-museum waar begeleide toere op afspraak aangebied word. Hy werk graag in sy tuin, lees, geniet musiek, en het sy eie tuis familiemuseum. 

Picture1.png

Artikels

Naomi Keyter

Naomi is ‘n verpleegkundige met ‘n passie vir geskiedenis en genealogie, en skryf graag die stories van die mense wat sy navors. Sy is ‘n lid van die Vaaldriehoek Genealogiese GroepSA tak en het al heelwat artikels en ‘n boek gepubliseer.

028_161104.jpg

Artikels

Nikki Haw

Nikki is die koordineerder van die Spesiale versamelings van die UP Biblioteekdienste. Sy het haar Meestersgraad in Erfenis- en museumstudies aan die UP cum laude geslaag in 2006.

 

 

603779_10201052309059196_1182797675_n.jpg
bottom of page