Magdalena Eloff se oorlogstories
Magdalena Eloff was getroud met pres Paul Kruger se kleinseun, Frikkie Eloff, en het vir lang tye saam met die Kruger egpaar in hulle huis gewoon. Sy was o.a. ook in die huis saam met Gezina Kruger ingeperk tydens die oorlog. Sy het in haar later jare 'n boek oor haar lewe geskryf.
Ek en my seuntjie Gerrie was by Ouma-hulle toe die Engelse magte Pretoria inmarsjeer. Dit was nag in Pretoria en stil in die presidentswoning. Voor die vensters en agter geslote deure het ons angstig saam met Ouma wag gehou en gesien hoedat die Tommies verbymarsjeer. Ons trane het gevloei - trane van angs en smart - want ons het nie geweet wat die Kakies met ons gaan maak nie.
​
Elke afdeling wat verby die huis gemarsjeer het, het luid begin sing: Rule Britannia en God save the Queen. Die hele nag het hulle so gemarsjeer. Maar dit was maar 'n gehawende klomp, die Kakies met hulle flenterklere en stukkende skoene; hulle was moeg en het sleepvoetend geloop. Die eerste klomp Tommies het Ouma se huis omsingel. Hulle was so omtrent tien, met 'n offisier in bevel. Hy het stelling by die voorstoep ingeneem en die soldate het om die huis gegaan. Drie dae het huIle daar wag gestaan, en in die more en die aand het huIle mekaar afgelos. Niemand het ons gepla nie en ek dink self dat kol. MaxweIl dit gedoen het om die Presidentsvrou te beskerm. Maar ons was so te se prisoniers in die huis; niemand mog uit- of ingaan nie.
Die boere in Pretoria wat nie betyds padgegee het nie, moes hulle wapens voor die huis van die President kom neerle en daar die eed van getrouheid aan Brittanje afle. So nie is hulle weggestuur. Dit was burgers van genl. Louis Botha, maar daar was ook hensoppers wat gewilliglik aan Brittanje trou gesweer het. Naderhand kon Ouma dit nie meer uithou om die verraad te aanskou nie. Sy het toe vir my en Nettie Eloff ('n niggie van Frikkie) gevra om na kol. Maxwell te gaan en horn te vra om die verrigtinge op 'n ander plek te laat plaasvind.
"Lenie," het sy gese en haar trane het gevloei, "ek kan dit net nie meer aanskou hoe die jong manne, die hensoppers, hulle gewere neerle en die eed van getrouheid aan die Engelse afle nie. Hulle wat nog kon veg, en nou hulle broers so in die steek laat! Asseblief,ek kan dit nie langer aanskou nie !"
​
Genl. Maxwell (hy was toe bevorder) het saam met sy offisiere besluit om gehoor te gee, maar hulle het nog die Boerekrygsgevangenes daar verby die huis laat loop. Maar anders as die hensoppers, het die moedige houding van die Boerevegters en hulle begroetinge haar opgebeur. Oak hulle het trane gestort toe hulle hul geliefde President se huis aanskou waarin daar nou 'n eensame, treurendc Presidentsvrou was.
Die Engelse soldate wat om die President se huis wag gehou het, was vuil en hulle uniforms was geskeur. Hulle het erg verwaarloos daar uitgesien, en hulle was moeg en afgemat. Een van die wagte het na die agterdeur gegaan en die bediende gevra om aan hulle kos te verkoop, want hulle was vreeslik honger. Die bediende het na Ouma toe gekom en die boodskap gegee. Ek het gesien dat Ouma vreeslik aangedaan geraak het, en daar het trane in haar oe gekom.
Sy het na ons gekyk en gese: "Kom help julle my dat ons vir hulle kos gee. In die spens is nog van die biltong en beskuit wat ons vir die burgers gehou het. Gee daarvan verniet vir hulle, want Gods Woord se jy moet jou vyande liefhe. Ons mag hulle nie laat honger ly nie." En sy stap self na die spens toe en begin kos regsit. Ek het toe self 'n skinkbord met tee en beskuit na die offisier op die stoep gestuur. Hulle was baie dankbaar vir die kos en het selfs die krummels ook opgeeet.